
Vir: 4-6 | Voorbereityd: 10 minute | Gaarmaaktyd: 45 minute
Jy benodig
Vir die peergebak
- botter, vir smeer
- 1½ koppie bruismeel
- 1 knippie sout
- 1 teelepel koeksoda
- ½ koppie suiker
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 2 eetlepels sagte botter
- 2 groot eiers, geklits
- ½ koppie melk
- 6 pere
Vir die sous
- ½ koppie water
- 1 blik (410 g) ingedampte melk
- 125 g botter
- ½ koppie suiker
Só maak jy
1. Smeer ’n potjie met ’n inhoudsmaat van minstens 2 liter.
2. Sif die bruismeel, sout en koeksoda saam in’n groot bak en voeg die suiker by.
3. Smelt die appelkooskonfyt en botter saam en voeg dit saam met die geklitste eier en melk by die droë bestanddele en meng alles goed saam.
4. Krap die beslag in die gesmeerde potjie uit en sit die deksel op. Pak ’n paar kleinerige kole bo-open bak dit vir 40-45 minute oor matige kole. Jy kan dit ook oop in ’n verhitte oond van 180°C bak.
5. Verhit intussen al die sousbestanddele saam totdat dit kook. Verlaag die hitte en laat dit vir 5 minute prut.
6. Gooi die karamelsous versigtig oor die vuurwarm gaar poeding.
7. Verwyder die pot van die vuur en laat die sous intrek voordat jy dit saam met vla voorsit.