RESEP | Penne-en-kaas

akkreditasie

1 Smelt die botter in ’n kastrolletjie en klits die meel daarby. Braai die mengsel vir ’n minuut of twee tot geurig. Haal dit van die hitte af en klits nou die melk bietjies-bietjies by tot jy ’n mooi gladde sous het. Sit die sous terug op die hitte en roer dit met ’n houtlepel tot dit begin verdik. Kook dit vir ’n paar minute tot die sous gaar is en nie meer na meel smaak nie.

2 Roer die varkvleis, sprietuie, mosterd en kaas by die sous en geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Roer laastens die warm gaar pasta deur.

3 Maak die bolaag Verhit die olie in ’n pannetjie en braai die tamaties tot dit oopbars. Skep die warm tamatie dadelik bo-op die souserige pasta... en as jy lus voel vir ’n knarserige ekstra, sprinkel die tjipskrummels oor. Sit die pasta warm voor!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan