
Vir 4
Voorbereityd 20 minute
Gaarmaaktyd 8 minute
Jy benodig
- 4 eiers
- ¼ koppie melk
- ½ koppie karringmelk of jogurt
- 8 dik snye piesangbrood
- 2 eetlepels botter
- 8 sosatiestokkies
- 2 piesangs, in skyfies gesny
- 4 eetlepels suiker
- 1 teelepel kaneel
- Nutella
Só maak jy
1 Meng die eiers met die melk karringmelk. Sny die piesangbrood in blokkies van 2 x 2 cm en pak dit in ’n enkellaag in ’n bak. Gooi die eiermengsel oor die brood en laat dit vir minstens ’n halfuur staan om in te trek.
2 Smelt die botter in ’n groot pan en braai die blokkies brood vinnig daarin (amper soos Franse roosterbrood) tot dit bros en warm is.
3 Ryg die broodblokkies dadelik op die stokkies met die piesangskyfies tussenin. Sprinkel suiker en kaneel oor en sit dit warm voor met Nutella. Dis beter om dit dadelik te eet sodat die sjokoladesmeer oor die brood kan smelt.
Wenk As jy die sosasies vooraf wil klaarmaak, kan jy dit vir 3 minute vinnig onder ’n vuurwarm oondrooster of oor warm kole sit om warm te word.