Vir 2 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 5 minute

Jy benodig

• 1 piesang

• 2 eiers

• 2 eetlepels botter

Só maak jy

1 Pols die piesang en die twee eiers met ’n handvoedselverwerker tot glad. Of druk die piesang fyn en klits dit met die eiers.

2 Smelt 1 eetlepel botter in ’n pan en sodra dit begin skuim, skep jy 1-2 eetlepels van die beslag in die botter. ’n Kleiner koekie is maklik om om te draai – hou die hitte laag. Wanneer die plaatkoekie ligbruin aan die onderkant is, draai dit om en braai aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag. 

3 Sit dadelik voor vir ontbyt.