Vir: 4-6 as voorgereg | Voorbereityd: 20 minute | Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Jy benodig

• ¾ koppie botter

• 4 groot tamaties, in klein blokkies gesny

• 1 eetlepel tamatiepasta

• 2 vet knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

• ’n knippie suiker

• 2 eetlepels kappertjiesaad

• 2 eetlepels rooiwynasyn

• 500 g kruis- of lendeskyf

• 125 ml swart olywe, ontpit en gehalveer

• ’n strooisel basiliekruid (opsioneel)

• 1 ciabatta, in 1 cm dik snytjies gesny en gerooster

Só maak jy

1. Smelt die botter in ’n pannetjie en braai die tamatieblokkies, tamatie-pasta en knoffel saam totdat die tamaties begin sag word. Geur met die sout, peper en suiker.

2. Roer die kappertjiesaad en asyn by en verwyder van die hitte.

3. Geur die vleis met sout en varsgemaalde swartpeper en braai dit oor warm kole met ’n lekseltjie vlam tot so gaar soos jy daarvan hou. (Medium rare vir my, dankie!) Laat die vleis ’n paar minute eenkant staan en rus.

4. Sny die vleis in dun skyfies en bedruip dit met die geurige botter sodat dit oor die warm vleis kan smelt. Strooi die olywe en basilie oor en sit dit dadelik voor as voorgereg saam met geroosterde broodjies.