Vir: 4-6 as bykos | Voorbereityd: 10 minute | Gaarmaaktyd: 15 minute
Jy benodig
• 3 koppies water
• 1 koppie melk
• 1 teelepel sout
• 1 koppie fyn polenta (of mieliepap)
• 1 eetlepel olyfolie
• 300 g kersietamaties
• 2 eetlepels balsemieke asyn
• 1 koppie gerasperde parmesaan
• ’n groot klont botter
So maak jy:
1. Bring die water, melk en sout in ’n diep kastrol tot kookpunt. Klits die polenta geleidelik by (om te verhoed dat dit klonte maak). Kook dit dan volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Jou mikpunt is ’n slap, romerige pap. Voeg ekstra melk of water by indien jy die pap te dik aanmaak.
2. Verhit die olie in ’n pannetjie en braai die tamaties oor hoë hitte totdat hulle velletjies begin oopbars. Voeg die asyn by en braai tot effens ingedamp.
3. Roer die helfte van die kaas en die botter by die polenta en skep dit op ’n opdienbord. Skep die tamaties bo-op en sit dit voor met die ekstra kaas en vars basilie vir oorstrooi.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET