1 Meng die steurgarnaalsterte met die olyfolie, soetrissiesous, gekapte brandrissie en suurlemoensap. Halveer die repe ham oor die lengte en draai om elke steurgarnaal ’n repie voor jy dit op kort sosatie-stokkies ryg.
2 Verhit die skeutjie olie in ’n dik-boompan en braai die stokkies vinnig oor hoë hitte totdat die garnale pienk en die ham bros is. Bedruip met enige oorblywende marinade, strooi die sprietuie oor en sit die stokkies as snoephappies voor. ’n Strooisel vars koljander is ’n opsionele ekstra.