Oondtemperatuur 180 °C
1 Voorverhit die oond en smeer ’n 22 cm-ringkoekpannetjie (of groot broodpan as jy nie ’n ringpan het nie).
2 Verroom die botter en suiker saam tot lig en donsig. Meng die melk, brandewyn en eiers saam en klits geleidelik by die botter-mengsel in tot net meng. Vou die droë bestanddele en neute by die beslag in en skep in die voorbereide pannetjie. Bak vir ongeveer 30-40 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom.