1 Meng al die bestanddele vir die vryfmiddel saam. Maak met jou skerpste mes insnydings deur die vel van die roosterstuk en vryf die speserymengsel oraloor in.
2 Pak die uie onderin ’n platboomswartpot waarin die vleis redelik knus pas, sit die vleis bo-op die uiebed en giet die appelsap en sojasous by – die vleis moet halflyf in die vloeistof staan. Maak die pot toe en potbraai die vleis vir 3-4 uur met ’n paar kole onder die potjie en nog ’n paar op die deksel, of tot die vleis heerlik sag is. Dit moet smeltsag wees, maar liefs nie uitmekaarval nie.
3 Lig die vleis versigtig uit die sousie. Skep ’n koppie vol van die pansappe uit in ’n kleiner potjie en kook dit met die helfte af.