Beslag

  • 1½ koppie botter by kamertemperatuur
  • ½ koppie suiker
  • 2 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • ¼ koppie heuning
  • ¼ koppie appelkooskonfyt
  • 1 koppie volroomkaas
  • 1¾ koppie koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout

Neutmengsel

  • 2 koppies neute en vrugte (bv. pekanneute, gedroogde appelkose en bosbessies)

Glansversiersel

  • ½ koppie heuning
  • 15 ml botter
  • 30 ml suurlemoensap
  • knippie sout

So maak jy

1 Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit ’n kolwyntjiepan met kleefwerende sproei.

2 Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.

3 Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elkeen bygevoeg is.

4 Roer die vanielje, heuning, konfyt en roomkaas deur die bottermengsel.

5 Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit by die mengsel in.

6 Maak die neutmengsel Kap die neute en versnipper die vrugte. Roer versigtig deur die beslag.

7 Skep elke kolwyntjieholte driekwart vol.

8 Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat effens afkoel.

9 Maak die glansversiersel Meng alles saam in ’n kastrolletjie en laat prut vir 2 minute.

10 Verf die koekies met die versiersel en versier met ekstra neute en vrugte.

In Karoo-kombuis (kyk dit elke Donderdagaand om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147) nooi die restauranteienaar Almare Fourie ons haar in kombuis op Graaff-Reinet waar sy, met die hulp van ander kleurryke karakters uit die Groot-Karoo, eerlike en onopgesmukte tuiskos kook.