Sagopoeding met whiskykaramel en vla

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley

As ’n sopie whisky in die sous nie vir jou nie is nie, gooi die laaste bietjie moerkoffie uit die kan by die karamel of gebruik ’n knertsie vanieljegeursel. Dis ook die moeite werd om jou elektriese klitser saam te neem op vakansie om die meringue te maak – ’n ballonklitser is gans te veel oefening! 

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Week die sago vir 1 uur in 250 ml melk. Roer die botter, 250 ml suiker, room, whisky en seesout saam in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot opgelos en kook dit dan vir sowat 5 minute tot karamelkleurig.

2. Voeg die sago en die res van die melk by die karamelmengsel en laat dit prut totdat die sagokorrels deurskynend is. Dit is belangrik om aanhoudend te roer sodat die melk nie aanbrand nie. Laat die vla effens afkoel en klits dan die eiergele by.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan