Deel

Sampioenburgers

akkreditasie

1 Vee al die sampioene met ’n klam lappie skoon en pak hulle met die ronde kant na onder op ’n snyplank. Sny versigtig die stingels uit en kap dit fyn. Verdeel dan die stingelstukkies saam met die knoffelbotter tussen die sampioene.

2 Verdeel nou die eiervrugrepe, olywe en pikantrissies tussen vier van die sampioene. Pak ’n paar spinasieblare op elkeen en bedek hulle dan met die ander vier sampioene (mét hulle knoffelbotter) sodat dit ’n “burger” vorm. Jy kan die pakkies net so braai óf met ’n toutjie vasbind.

3 Braai nou die burgers oor taamlike warm kole tot sag en sappig. Draai hulle gereeld om. Sodra die hitte die sampioene deurdring, sal die knoffelbotter van binne af smelt en ’n allerheerlike geur aan die sampioene verleen. Jy kan ook olyfolie aanverf net voordat jy die burgers voorsit en ’n bietjie sout en peper oorstrooi

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan