Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute
Jy benodig
• 150 g gemengde sampioene, grofgekap
• 2 preie, grofgekap
• ¼ koppie botter
• 5 vars tiemiestokkies of 1 teelepel droë tiemieblare
• 170 g aspersies, grofgekap
• 2 eetlepels misosmeer (of sout na smaak)
• 6 eiers
Só maak jy
1. Braai die sampioene en preie in die botter en tiemie tot sag. Voeg die aspersies by en roerbraai dit vir 2 minute.
2. Klits die misosmeer en eiers saam en skink dit oor die groente. Kook oor ’n lae hitte vir 10-20 minute met die deksel op totdat die frittata netnet in die middel gestol het. Bedien warm. Of sny die afgekoelde frittata in skywe vir ’n piekniek.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET