
’n Hand vol gekapte ham maak die frittata nóg meer vullend.
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute
Jy benodig
• 150 g gemengde sampioene, grofgekap
• 2 preie, grofgekap
• ¼ koppie botter
• 5 vars tiemiestokkies of 1 teelepel droë tiemieblare
• 170 g vars aspersies, grofgekap
• 1 teelepel sout
• 6 eiers
Só maak jy
1. Braai die sampioene en preie in die botter en tiemie tot sag. Voeg die aspersies by en roerbraai dit vir 2 minute.
2. Klits die sout en eiers saam en skink dit oor die groente. Kook oor ’n lae hitte vir 20 minute tot die frittata net-net in die middel gestol het. Bedien warm as ligte ete of koud by ’n piekniek.