Foto: Myburgh du Plessis | Kosassistent: Merrill Buckley

Maak 1 brood | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 50 minute 

Jy benodig

  • 2 koppies broodmeel
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 1 koppie gerasperde cheddar
  • 1 blik (400 g) chakalaka
  • 4 eiers

VIR DIE SHAKSHUKA-SMOOR

  • 1 blikkie (400 g) kekerertjies
  • 1 soetrissie, gekap
  • 2 eetlepels olyfolie
  • ’n knippie sout
  • 1 blikkie (400 g) tamatiesmoor
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • rissiesous na smaak
  • 1 eetlepel paprika

Só maak jy

1. Smeer ’n broodpan met botter en voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Meng die broodmeel, bakpoeier en sout saam en roer dan die res van die bestanddele daarby.

3. Skraap die beslag in die broodpan uit en bak ongeveer 50 minute tot goudbruin en gaar.

4. Maak die shakshuka-smoor deur die kekerertjies, soetrissie en olyfolie saam in ’n pan te braai vir 5 minute. Voeg die res van die bestanddele daarby en prut tot dik en geurig.

5. Bedien snye van die brood saam met die smoor en eiers vir ontbyt