1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Verroom die botter en suiker saam. Klits die eiers een-een by tot goed gemeng. Vou die bruismeel, gesmelte sjokolade en sjokoladestukke by en roer alles deur tot ’n sagte deeg.
2. Skep eetlepels vol deeg op die voorbereide bakplate – sowat 10 per plaat. Bak dit vir 10-15 minute totdat die koekies ligbruin en gaar is. Laat dit op ’n draadrak afkoel.
3. Smelt die witsjokolade en gebruik dit om twee koekies op mekaar te plak. As jy eerder meer koekies wil hê, versier die koekies deur die witsjokolade oor te drup. Laat die sjokolade hard word en bêre die koekies in ’n lugdigte houer