Maak hierdie tert die dag voor die tyd sodat dit in die yskas kan stol – een  minder ding om op Kersdag  te doen! 

1. Meng die koekiekrummels en botter saam en druk dit onderin ’n blikbord vas om ’n tertkors te vorm.

2. Verhit die room totdat dit net-net kook en giet dit dan oor die donkersjokolade in ’n mengbak. Laat dit vir ’n paar minute staan en roer die mengsel tot glad. Roer die brandewyn by indien jy dit gebruik, en giet dit versigtig in die kors. Sit dit in die yskas.

3. Rangskik die aarbeie in ’n krans om die rand van die tert en drup die witsjokolade oor vir die mooi net voor jy dit voorsit. Bedien dit in skywe met ’n knertsie vir die ouer garde – dis immers Kersfees.

WENK

As jy nie vars aarbeie in die hande kan kry nie, pak ’n verskeidenheid sjokoladebolletjies, -blokkies en -skyfies as versiersel