
Vir 18 koekies | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 15 minute
• 1 koppie suiker
• 1 eetlepel gouestroop
• 250 g botter
• 2 koppies hawermout
• 1 koppie klapper
• 1 koppie meel
• 1 teelepel koeksoda
• ’n derde koppie pampoenpitte
• ’n derde koppie sonneblomsaad
• ’n derde koppie gekapte amandels
So maak jy
1. Verhit die oond tot 180 °C. Smelt die suiker, gouestroop en botter saam in ’n kastrol totdat die suiker net-net opgelos is. Roer al die droë bestanddele by – roer dit goed deur.
2. Druk die beslag liggies vas in ’n ongesmeerde oondpan en bak vir 15 minute tot ligbruin. Sny die baksel terwyl dit nog warm is en laat dit afkoel totdat dit hard en bros is.
Wenk Vir ’n soeter koekie kan jy ¼ koppie bosbessies of rosyntjies byvoeg.