Vir 4-6 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 2 uur

Jy benodig

  • 2 kg lamstjops (of 1,2 kg ontbeende vleis)
  • 2 eetlepels meel
  • 2 eetlepels olie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 600 g geblikte pynappel, gedreineer en gekap
  • 2 eetlepels sterk kerriepoeier
  • 140 g tamatiepasta
  • 80 ml sojasous
  • 2 eetlepels asyn
  • 2 cm gemmer, gerasper
  • 2 koppies broccoli, gekap
  • ½ koppie okkerneute, vinnig drooggebraai

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n groot pot, sprinkel die meel oor die vleis en braai dit vinnig in sarsies tot goudbruin. 

Voeg die knoffel, pynappel, kerriepoeier, tamatiepasta, sojasous, asyn en gemmer by die pot. Roer en bring tot kookpunt. 

Verlaag dadelik die hitte tot baie laag en sit die deksel op. Laat dit vir 2 uur stadig prut totdat die vleis sag is. Dis belangrik dat jou pot nie te veel hitte kry nie, anders brand die pynappel. (Jy kan ook die pot vir 2 uur lank met sy deksel teen 150 °C in die oond sit.) As die pot begin droogkook, kan jy ’n bietjie van die gedreineerde pynappelsap of water byvoeg. 

Pak die broccoli bo-op en verhoog die hitte effens sodat dit vir 15 minute vinnig prut en die broccoli kan gaarstoom. Sprinkel die neute oor nadat jy elkeen se porsie ingeskep het.