Vir 6

Voorbereityd 10 minute 

Kooktyd 40 minute


Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 1 rooi soetrissie, in repies gesny

• 2 selderystingels, fyngekap

• 500 g hoenderfilette, middeldeur gesny

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• ½ teelepel rooipeper

• ½ teelepel komyn

• 1 teelepel paprika

• 2 teelepels droë origanum

• ¼ koppie witwyn

• 2 eetlepels balsemiekasyn

• 2 eetlepels sojasous

• ½ koppie hoenderaftreksel

• 1 blikkie (410 g) gekapte tamaties

• sout en swartpeper na smaak

• suurroom

• tortilla-wraps

Só maak jy

1. Verhit die olyfolie in ’n pot en roerbraai die ui, soetrissie en seldery saam tot gekaramelliseer (sowat 10 minute).

2. Voeg die hoender by en roerbraai dit vir 5 minute tot effens verbruin. Skep dit alles op ’n bord uit.

3. Verhit nou die res van die bestanddele (behalwe die suurroom en wraps) in dieselfde pot tot kookpunt en laat dit dan vir 20 minute sonder die deksel prut.

4. Skep die ui-en-hoendermengsel terug in die pot, sit die deksel op en laat dit 5-10 minute lank liggies prut (of totdat die hoender gaar en sappig is).

5. Sit die hoender met wraps voor, saam met die avokado-en-rooiuislaai en suurroom