Vir 25 stokkies | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute
Jy benodig
• 500 g swoerdlose gerookte strepiespek
• ¼ koppie bruinsuiker
• 2 eetlepels asyn
• 2 eetlepels gouestroop
• ’n knippie rissievlokkies (opsioneel)
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Trek ’n bakplaat met foelie oor en sit ’n oondrakkie daarop neer. Pak die spek op die oondrakkie en bak dit vir 10 minute in die oond.
2. Meng die res van die bestanddele goed saam en verf albei kante van die spek dik met die soet mengsel.
3. Sit die spek terug in die oond en bak dit vir 20 minute terwyl jy die repe elke 5 minute omdraai en nog van die sous aanverf.
4. Haal die spek uit die oond en laat dit dan afkoel voordat jy dit in ’n papiersak pak.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET