Vir 2 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 20 minute


Jy benodig

• 2 steaks (200 g elk)
• 2 eetlepels soja- of worcestersous
• 2 eetlepels olyfolie
• 1 teelepel balsemieke asyn
• ’n bossie roosmaryn
• ? koppie soutvlokkies
• kookolie vir braai

Só maak jy

1. Marineer die steaks in die sojasous, olyfolie en asyn en laat die vleis kamertemperatuur bereik.
2. Stroop die roosmarynnaalde af en kap dit grof – jy het ongeveer ¹/3 koppie hiervan nodig. Pols die naalde en sout ’n paar keer met ’n voedselverwerker saam, of kom dit met ’n stamper en vysel by tot fyn en gemeng. (Moet dit egter nie oormeng sodat die sout poeierig raak nie.)
3. Sprinkel die gegeurde sout op ’n bord en laat dit vir ’n paar uur oop staan om effens uit droog. Plaas dit dan in ’n lugdigte houer en bêre op ’n droë plek (nie in die yskas nie).
4. Braai die steaks vir 3-4 minute aan ’n kant oor baie warm kole. Laat dit rus vir 10 minute en sit dit dan voor met die romerige pregosous (resep hier onder), roosmarynsout en aartappelskyfies.

Romerige pregosous (saam met boonste resep)


Vir 2 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 10 minute


Jy benodig

• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 eetlepels botter
• 4 tiemietakkies
• 1 teelepel sout
• 1 eetlepel tamatiepasta
• 1 teelepel rooipeper (of minder indien verkies)
• ½ koppie room

Só maak jy

1. Soteer die ui en knoffel vir 10 minute in ’n klein potjie in die botter tot sag en deurskynend. Versigtig, dit moenie bruin wees nie.
2. Stroop die tiemie se blaartjies van die takkies af en geur die uie daarmee. Roer ook die sout, tamatiepasta, rooipeper en room daarby in.
3. Pols die sous net so in die potjie met ’n handvoedselverwerker tot glad. Laat dit vir drie minute prut en sit dit dadelik voor.