Steakslaai met brie

akkreditasie
As jy eers dié smake saam geproe het, sal jy nie weer ’n steak onder sampioensous versmoor nie.

As jy eers dié smake saam geproe het, sal jy nie weer ’n steak onder sampioensous versmoor nie.


Jy benodig (Vir 2)

• 1 kruisskyf (rump) van 300g
• 100ml soet indonesiese sojasous
• 2 rooi soetrissies
• 100g vars roket- of spinasieblare
• 1 driehoek briekaas
• 2 koppies penne-pasta, gaar

Só maak jy

1. Braai die kruisskyf oor warm kole tot halfgaar (rare). Haal dit van die kole af, plaas dit in ’n bak en gooi die sojasous booor.

2. Braai die soetrissies op die rooster totdat die skille swart raak. 

3. Haal die soetrissies af en sit dit in ’n plastieksak of ’n bak wat jy met plastiek bedek. Laat dit sweet vir 10 minute en trek dan maklik die skille af. Sny dit in die helfte, verwyder die saad, en sny dit dan in repe. 

4. Sny nou die kruisskyf ook in dik repe en rangskik dit saam met die roketblare, soetrissie en brokke kaas boop die pasta. Sprinkel ’n bietjie sojasous bo-oor en sit dit voor saam met vars brood.

Wenk: As jy nie Indonesiese sojasous kan kry nie, kan jy sommer gewone sojasous gebruik en net ’n eetlepel bruinsuiker daarby roer.



Tiaan Langenegger, WegSleep #22. Foto Ruvan Boshoff