1. Verhit die olie in ’n pot en braai die hoender tot dit oraloor mooi goudbruin is. Moenie te haastig wees nie – hoe bruiner jy die hoender braai, hoe geuriger word dit ná die lang pruttyd.
2. Roer die sitroengras, gemmer, knoffel en kerriesmeer by en braai alle vir nog ’n paar minute saam. Skink die klappermelk en aftreksel by, sit dit pot se deksel op en laat dit vir 1 uur rustig prut.
3. Roer die groente, lemmetjiesap en -skil, vissous en suiker by en laat dit vir nog 20-30 minute sonder die deksel prut (of tot die groente al dente is).