1. Verhit 1 eetlepel olyfolie en braai die maalvleis, ui en wortel saam tot geurig. Voeg die aartappels of bone by, geur die mengsel met speserye, en braai dit dan vir nog 10 minute met die deksel op. Speel hier na hartelus met geurmiddels, maar die mengsel moet liefs nie te souserig wees nie. Laat dit afkoel.
2. Sit vier tortillas op ’n skoon oppervlak en smeer elkeen van hoek tot kant met roomkaas. Verdeel die maalvleismengsel tussen die gesmeerde tortillas en skep dan die tamatie bo-op, gevolg deur die kaas. Druk die vulsel met jou hande bymekaar in ’n stywe bondeltjie.
3. Sny die laaste tortilla in kwarte en sit een kwart bo-op elke hopie vulsel. Vou nou die onderste tortilla bo-oor die kwart en plak dit aan die ander kant met die roomkaas vas. Dit vorm ’n kartelrand. Keer die pakkies om sodat die voukant na onder wys. Herhaal met die ander tortillas.