(genoeg vir 4)
1. Meng al die speserye saam en vryf die vleis oraloor daarmee in. Marineer dit vir sowat 3 uur in die yskas. (Onthou, die vleis moet weer kamertemperatuur wees voor jy braai.)
2. Braai die vleis oor warm kole tot dit ’n mooi gekaramelliseerde kors kry – pasop net dat die suiker nie skroei nie. Sodra die vleis kleur het, skuif dit verder van die kole af sodat dit deurgaar kan word. Draai die vleis die heeltyd om soos nodig.