book-icon Uitgawe September 2020
Deel

RESEP | Varktjops gemarineer in sojasous

akkreditasie
Hierdie geurige marinade gee kleur en geur sonder dat dit volksvreemd smaak.

Jy benodig (genoeg vir 4)

  • 4 varklendetjops, vel verwyder

VIR DIE MARINADE

  • 13 koppie sojasous (verkieslik die laesoutsoort)
  • 2 eetlepels worcestersous
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 teelelepel sterk mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap ’n ruim knypie swartpeper
  • 1 eetlepel sesamolie

Só maak jy

1. Meng die marinadebestanddele in ’n Ziploc-sakkie saam, voeg die vleis daarby en meng alles goed deur. Sit die sakkie vir minstens 3 uur in die yskas – oornag is ook goed.

2. Dreineer die vleis en druk dit effens droog met kombuispapier.

3. Braai die tjops oor warm kole – eerste die vetkant tot die vet mooi kleur kry, en dan vir 3-4 minute aan elke kant – maak seker die kole is nie só warm dat die vleis skroei voor dit gaar is nie. Verf van die die marinade aan en braai die tjops vir nog ’n paar minute aan elke kant tot hulle tot teen die been gaar is. Sit dit voor saam met geroosterde patat wat met die lemoen en sesamsaad gegeur is.

Ry & Sleep sê
Gebruik sommer ’n skerp kombuisskêr om die vel van die tjops te knip en seker te maak die vetlaag is egalig.
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons ook op Instagram en Facebook