
Lékker deur die blare
Jy benodig
(genoeg vir 6)
- 1 kg varkblad of -boud
- ’n piesangblaar of drie
VIR DIE MARINADE
- ¼ koppie rooiwynasyn
- ½ koppie olyfolie
- 4 eetlepels bruinsuiker
- 1 eetlepel fyn komyn
- 1 eetlepel rooipeper
- 1 eetlepel gerookte rissievlokkies
- 1 eetlepel droë origanum
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1 Meng al die bestanddele vir die marinade en marineer die varkboud oornag daarin. Draai die volgende oggend die vleis in stukke piesangblare toe en gebruik tou om dit stewig vas te bind in ’n netjiese pakkie.
2 Sit die pakkie in ’n ketelbraai en gebruik die indirekte gaarmaakmetode – dit beteken die kole word na die kante toe gekrap en is nie direk onder die vleis nie. Die ketelbraai moenie te warm wees nie – ongeveer 130-150 °C. Sit die deksel op en stoom die vleis vir 3-4 uur. Dit is reg wanneer jy dit maklik met ’n vurk uitmekaar kan trek.
3 Gebruik twee vurke en skeur die varkvleis in repe – in Engels noem hulle dit “shredded pork”. Gooi enige marinade wat oorgebly het, oor die vleis. Sit dit warm voor met wraps, tamatiesalsa en gesnyde uie.