(genoeg vir 6)
1. Maak met ’n skerp mes ’n paar diagonale snitte aan die buitekant van die vis. Geur dit aan die binnekant met sout en swartpeper en pak die suurlemoen- en lemmetjieskyfies in die maagholte. Jy kan ook ’n bietjie van die vars kruie van die takkies afstroop en dit saam met die sitrusskyfies in die vis sit.
2. Plaas ’n paar botterblokkies in die oopgesnyde vis en bind die vis dan toe met tou. Bind die vars kruietakkies saam met die tou bo-op die vis vas. Sprinkel olyfolie oor en draai die vis in dik foelie toe.