Verspotmaklike hoenderpot

akkreditasie
Myburgh du Plessis
Geblikte tamatiesop is die geheim vir hierdie smaaklike tamatiebredie se romerige sous.

Vir 4-6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 90 minute


Jy benodig

• 1,5 kg hoenderdye en -boudjies
• 2 eetlepels meel
• 3 eetlepels olyfolie
• 2 uie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 2 blikkies (400 g elk) tamatiesop
• ½ koppie droë sjerrie
• ½ koppie pietersielie, gekap
• 1 blikkie (410 g elk) kekerertjies, gedreineer

Só maak jy

1. Verhit ’n groot swaarboompot met ’n styfpassende deksel. Sprinkel die meel oor die hoenderstukke en braai die hoender in die olyfolie tot goudbruin. Skep die hoender uit en hou eenkant. 

2. Skep die meeste van die olie uit die pot voordat jy die uie en knoffel daarin soteer tot sag en deurskynend. 

3. Pak die hoenderstukke terug in die pot en voeg die tamatiesop, sjerrie en die helfte van die pietersielie by. Sit die deksel op, bring die pot tot kookpunt, en verlaag dadelik die hitte en laat dit vir ’n uur lank stadig prut totdat die hoender sag is. (Jy kan ook die pot vir ’n uur lank met sy deksel op teen 170 °C in die oond sit.)