Deel

Volstruisburgers

akkreditasie
Verruil gewone beesmaalvleis met volstruisvleis wanneer jy hamburgers maak – dit sal jou gesin én jou kardioloog laat glimlag.

Bestanddele

  • 2 dik snye brood, korsies verwyder
  • ½ koppie melk
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 1 groot ui, gerasper
  • 1 teelepel sout½ teelepel
  • witpeperolie vir braai

Só maak jy:

1 Maak die patties. Week die brood in die melk tot sag. Druk die melk uit en krummel die brood by die res van die bestanddele buiten die olie (moenie die melk byvoeg nie). Vorm ses hamburgerfrikkadelle, druk dit effens plat met jou hand en sit dit vir ’n uur of twee in die kampyskas. 

2 Braai en sit voor. Verhit die olie in ’n pan en braai die patties tot mooi bruin en gaar. Sit dit voor in broodrolletjies saam met ’n sny tamatie, ui, blaarslaai en ’n lekker sous.