Jy benodig

• 1 koppie gekapte piesang

• 1 koppie gekapte aarbeie

• 1 koppie mangosap

• 2 teelepels suiker

• 2 sopies suurlemoen of lemmetjiesap

• ’n hand vol kruisementblare, skoongewas

• 4 sopies wit rum

• ysblokkies

• sodawater

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele behalwe die ysblokkies en soda, skep dit in Ziploc-sakkies, druk die lug uit en seël. Vries tot hard. (Indien jy beplan om die bevrore vrugte saam te neem op vakansie, kan jy dit vir veiligheid in nóg ’n sakkie verseël sodat dit nie lek nie.)

2. Om die bevrore mojitos te maak benodig jy ’n bekerversapper wat ys kan fynkap. Voeg die inhoud van die sakkies in die beker saam met ’n ekstra hand vol ys en net genoeg sodawater om die lem aan die gang te kry.

Verwerk die hele boksemdais totdat die tekstuur van ’n romerige sorbet. Proe of daar ekstra lemmetjie, rum of ment nodig is, skep dadelik in mooi glase en sit voor met dik strooitjies (herbruikbaar, natuurlik).

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook