Dis nie ’n maklike taak om elke dag resepte op ons webblad te laai nie. Want dan raak ’n mens skielik ook lus vir sjokoladestrooppoeding, kraaklekker braai-aartappels, grondboontjiekoekies, vars salm-en-avo-slaai...

Maar ons kosredakteur Aletta Lintvelt se gewerskaf in die kombuis en my hongerpyne in die kantoor was die moeite werd, want die resepte was dikwels ons gewildste artikels. Dankie aan elke leser wat saam ge-oe en ge-aa het, wenke en kommentaar bygelas het en hulle eie probeerslag met ons gedeel het. 

Hier deel ons die 5 gewildste resepte wat op ons webblad verskyn het. Klik op die resep se naam om die volle resep te kry. 


Ons hou die lekkerste en gewildste vir laaste!


5. Melktertjaffel



4. Pizzabraaibroodjie



3. Maalvleis-en-bierpastei



2. Flatervrye souttertjies...



1. ...Yskaslagiepoeding!



Maak gerus dié Desember-vakansie ’n draai op ons webblad vir nog heerlike resepte... ons gaan steeds pligsgetrou elke dag ’n paar op Facebook deel!

Foto's: Myburgh du Plessis