Vir: 6 | Voorbereityd: 30 minute plus rustyd | Gaarmaaktyd: 10 minute
Maak die frikkadelle: Meng al die bestanddele saam in ’n bak. Verdeel die vleis in 6 frikkadelle en druk dit effens plat met die hand. Laat dit vir 20 minute in die yskas rus – dit hou die patties ferm terwyl jy dit braai.
Maak die sous: Dreineer die appelkose, maar hou 2 eetlepels stroop eenkant. Verhit die olie in ’n potjie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Gooi die gemmer by en braai vir nog ’n minuut. Roer die brandewyn, appelkose, stroop en water by en kook vir 10-12 minute of totdat die appelkose pap is.