
Jy benodig
VIR DIE KORS
- 1 koppie pekanneute
- 3 eetlepels witsuiker
- ½ koppie botter
- 1 koppie meel
VIR DIE ROOMKAASLAAG
- 220g roomkaas
- ½ koppie versiersuiker
- 1 koppie room, styf geklits
VIR DIE KITSPOEDINGLAE
- 2 pakkies kitspoeding(1 vanielje en 1 sjokolade)
- 500ml melk, yskoud
- 2 koppies room, styf geklits
- 50g sjokoladeskaafsels
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n 22 x 33 cm-oondbak met botter.
2. Pols die neute in ’n voedselverwerker tot grof of kap dit fyn. Meng dit goed met die suiker, botter en meel. Druk dit eweredig in die oondbak en laat bak vir 20 minute. Haal uit en laat afkoel.
3. Vir die roomlaag: Meng die roomkaas met die versiersuiker en vou die geklopte room daardeur. Smeer dit oor die afgekoelde kors en plaas in die vrieskas vir 20 minute.
4. Vir die kitspoedinglae: Maak dan die twee kitspoedings aan volgens die instruksies op die pakkie. Gooi die sjokoladelaag bo-oor die roomkaaslaag. Plaas terug in die vrieskas vir 10 minute. Gooi dan ook die vanieljepoeding bo-oor. Plaas in die yskas vir drie uur om te stol. Verwyder en versier met geklopte room en sjokoladesplinters.