Vanjaar bak ons basiese brood én jy kan leer hoe om jou eie supergesonde gefermenteerde kos en soutmengsels te maak.
1. BASIESE BROODBAK
Leer die basiese beginsels van suurdeeg, gis en broodbak en waarom Eureka Mills se steengemaalde meel gesonder is. Kursusgangers bak ’n laehidrasie-plaasbrood met suurdeeg en ’n hoëhidrasie-ciabattabrood met gis.
MACHADODORP | Saterdag, 5 Oktober 2019 by Millys of Machado Farm Stall en Restaurant, langs die N4
PAARL | Saterdag 19 Oktober, Joubert Stasie Street Kitchen
HARTBEESPOORT | Saterdag 9 November, Meerhof Lodge
2. GEFERMENTEERDE KOS & SOUTMENGSELS
Vind uit hoekom dit belangrik is om die probiotika in jou spysverteringstelsel aan te vul en leer meer oor hoe gefermenteerde kos soos kefir en kombucha hiermee kan help.
Kursusgangers maak ’n vinnige sauerkrautslaai asook appelasyn én kry ’n fles met ’n asynmoeder (scoby) om die proses by die huis te voltooi. Annelien Pienaar lei ook ’n soutproesessie en wys lesers hoe om gegeurde sout te maak.
BLOEMFONTEIN | Sondag, 18 Augustus by Liedjiesbos B&B, 13 Frans Kleynhans Rd, Groenvlei
MACHADODORP | Sondag, 6 Oktober by Millys of Machado Farm Stall en Restaurant, langs die N4
PAARL | Sondag 20 Oktober, Joubert Stasie Street Kitchen
HARTBEESPOORT | Sondag 10 November, Meerhof Lodge
WAT JY MOET WEET
PRYS
R1700 p.p. Dit sluit in die werksessie, resepteboekie, al die bestanddele, ’n Platteland-voorskoot, koffie, tee en fyngebak met registrasie en ’n ligte middagete met ’n glas wyn of sap.
WAT VAT JY HUIS TOE?
’n Keur van die produkte wat jy by die kursus maak en ’n heerlike geskenksak met allerlei toepaslike produkte. Dit bevat die volgende:
• 'n Platteland-voorskoot
• Mengbak
• Wyn van Kleine Zalze
• Produkte van CAB Foods
• Produkte van B’Well
• Geskenkpak van Montagu Trusted Quality Snacks
• Produkte van Jimmy’s Sauce
• Produkte van Blomfontein Rooibos
• Gelukstrekking vir die volgende:
As jy inskryf vir enige van ons werkswinkels, het jy die kans om een van vyf gelukkige wenners te wees! Die volgende pryse word in 'n gelukstrekking weggegee:
Colosseum Luxury Hotel*
2 nagte in een van die Penthouses, ontbyt ingesluit vir 4 mense ter waarde van R12 800
Dolphin Beach Hotel*
2 nagte in een van die Beachfront Cabanas vir 4 mense, ontbyt ingesluit ter waarde van R2 690.
De Bakke Santos*
3 nagte se verblyf vir 4 mense in ’n 2 slaapkamer-chalet (onlangs opgeknap) ter waarde van R3 380
Montagu Springs*
3 nagte se verblyf vir 4 mense in een van die Villas ter waarde van R3 100 (in die middel van die week)
Island Club Hotel and Apartments
*2 nagte se verblyf in die Single Suite, ontbyt ingesluit vir 2 mense ter waarde van R2 245
*Vervoer op eie rekening
WAT MOET JY SAAMBRING?
Vir die gefermenteerde kos en soutmengsels moet elke kursusganger ’n snyplank en skerp groentemessie saambring
Stuur ’n e-pos na Donvé Myburgh by donve.myburgh@media24.com
of bel haar by 021 406 2387. Onthou, ons het plek vir net 20 mense by elke
werksessie. Die eerste lesers wat bespreek én betaal, kom saam leer en kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET