
Ongeag of jy net ’n opvoedkundige ruskans wil neem of die eerste treë wil gee in ’n loopbaan as veldgids, hierdie praktiese en teoretiese opleiding beloof om ’n lewensverrykende ervaring te wees.
Volunteer World International, die privaatnatuurreservaat Shamwari en die FGASA het saamgespan om Suid-Afrika se voorste veldwagtersopleidingsprogram in 2019 te laat herleef. Nou kan jy jou liefde vir die natuur, wilde diere en bewaring uitleef – alles onder die wakende oog van ’n hoogs opgeleide en gesoute opleidingspan.
WAAR EN WANNEER?
Waar? Shamwari (’n vyfsterreservaat in ’n malariavrye gebied), Oos-Kaap.
Hoe lank? 9 weke / 63 dae
Begindatums: Verskeie Maandae deur die loop van die jaar (gaan na die webwerf vir spesifieke datums)
Kapasiteit: ’n Maksimum van 10 studente word per kursus toegelaat sodat studente individuele aandag kan kry.
Kwalifikasie: Suksesvolle kandidate ontvang ’n FGASA-veldgidskwalifikasie (NKR-vlak 2).
Verblyf: Studente bly vir die duur van die kursus in die Esingeni-tentkamp langs Shamwari.
Toelatingsouderdom: 18 jaar en ouer (geen maksimum). Oud én jonk is welkom.
Let wel: Studente moet minstens 21 jaar oud wees as hulle ’n professionele rybewys wil bekom, maar jonger student kan steeds die 4x4-opleiding ondergaan.
Vakke sluit in
Hoe om ’n natuurervaring te skep; geologie; weer en klimaat; sterrekunde; ekologie; biome; taksonomie; plante en grasse; litpotiges; visse en amfibieë; reptiele, voëls; soogdiere; dieregedrag; bewaringsbestuur en menslike bewoning.
Ekstra vaardighede: Noodhulp; vuurwapenbestuur; slanghantering en 4x4-opleiding!
Minimumvereistes
• Goeie Engelse vaardighede
• Rybewys (vir ’n voertuig met ratte)
• ’n Passie vir Afrika se fauna en flora
Koste: R74,950 p.p. vir 2019-kursusse; R79,950 p.p. vir 2020-kursusse
Wat is ingesluit:
• Registrasie- en eksamengeld
• Alle maaltye en beperkte (nie-alkoholiese) drankies op die perseel
• Verblyf by Esingeni-tentkamp, langs die Shamwari-reservaat
• Ondersteuning op grond
Bespreek die ervaring van ’n leeftyd by training@volunteerworldintl.com;
081 341 0113; www.volunteerworldintl.com
Lesers ontvang spesiale veldoorlewingstoerusting ter waarde van R2 000. Gebruik WEG as verwysing wanneer jy bespreek.