
Foto: Verskaf
Die Bokke het seker gemaak Japan is op almal se lippe, en hier is jou kans om een op die emmerskoplys af te tik.
Die Kumano Kodo word as Japan se Camino beskou en dié antieke pelgrimstog, wat sedert die 10de eeu deur pelgrims gestap word, het ’n amptelike verbintenis met hierdie eeue oue pelgrimsreisin Spanje.
Stappers wat reeds die Spaanse Camino afgelê het, kan aansoek doen om ’n spesiale sertifikaat in Japan. Maar enigiemand kan kom! Dis nie ’n verpligting dat jy voorheen die Camino moes stap nie.
Spaar gerus – dis epies! Die totale pelgrimsreis is “net” 69km, maar moenie dit onderskat nie. Beginners is welkom, maar jy sal moet bulte oefen voor jou reis.
Datum: 28 September tot 9 Oktober 2020
Prys: R46 500 per persoon wat deel.
Wat is ingesluit:
- Vlugkaartjies
- Alle verblyf (vyf nagte op die Kumano Kodo, 2 nagte in Kioto en 3 nagte in Kurashiki)
- Vervoer na die volgende oornagdorp en treinkaartjies tussen die groot stede
- Alle ontbyte