book-icon Uitgawe Julie 2019
Deel

Allawêreld, abbawa!

akkreditasie

Jy sien nie vreeslik baie abbawaens op ons paaie en in ons kampterreine nie, wat eintlik verbasend is as ’n mens in ag neem hoe maklik dit is om met hulle oor die weg te kom en hoe min onderhoud hulle vereis.

Die versekering op abbawaens is oor die algemeen laer as dié van ’n woonwa of ryhuis, hulle hoef nie geregistreer te word nie, en jy hoef jou nie te bekommer oor dinge soos rybewyse en padwaardigheidstoetse nie.

Palomino se abbawaens word sedert 1968 al in Amerika vervaardig, en dit is hier waar die Durbanse boorling Gregory Renault die produk teëgekom het. Hy het dadelik besef dit is nommerpas vir die Suid-Afrikaanse kampgemeenskap en besluit om dit hierheen in te voer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan