book-icon Uitgawe Junie 2019
Deel

Enjingrootte vs. werkverrigting

akkreditasie

Ek kry altyd die geleentheid om iets anders as ’n 4x4-voertuig te bestuur wanneer ek Kaapstad vir besigheid besoek. Die laaste keer toe ek in die Moederstad was, het ek ’n splinternuwe VW Polo TSI gehuur – en ek moet erken ek was beïndruk met die karretjie se werkverrigting en die barsheid van sy enjingeluid elke keer wanneer ek by ’n verkeerslig versnel het.

Hy het só vinnig weggespring dat ek by tye versigtig moes wees dat die voorwiele nie tol nie.

Agterna het ek ’n bietjie oor die Polo gaan oplees, en die internet het my wysgemaak hy het net ’n 1 l-driesilinderenjin met ’n turboaanjaer. Vir my het dit meer gevoel soos ’n warm 2 l. Wat my selfs meer verras het, is die feit dat die brandstofmeter in drie dae skaars beweeg het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan