book-icon Uitgawe Julie 2019
Deel

Gepof & gepantser

akkreditasie
Getty/Gallo images
Getty/Gallo images

Hierdie baadjie lyk en voel soos ’n donsbaadjie, maar dis nié ’n donsbaadjie nie. Dis gevul met klein bolletjies sintetiese materiaal wat duisende klein lugsakkies vorm en só hitte binne hou.

Sintetiese materiaal kan – anders as dons – nat raak en steeds sy werk goed doen. Dis ’n tegniese baadjie vir buite speel. Dit het weggesteekte, rekbare mouboordjies, ’n binnesak met ’n ritssluiter, ’n trekkoord waarmee jy die baadjie stywer kan vastrek, en sakke vir jou hande (met ritssluiters).

Dié baadjie gaan jou beste vriend wees op ’n vrieskoue oggend in die Sederberg. Opgevou in een van die sakke is hy so groot soos ’n halwe rugbybal, en hy weeg net 380 g.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan