G’n yslike taak

akkreditasie
’n Koelboks van staal!
’n Koelboks van staal!
Dit is nie moeilik om jou eie koelboks te bou nie. Hennie Venter het ’n paar jaar gelede vertel hoe hy sy eie koelboks gebou het.

Ek is ’n groot visserman en wanneer ek hengel, is my koelboks altyd byderhand om die vangs dadelik te bêre. Maar jare gelede, toe 4x4’s nog op strande mag gery het, het my koelboks per ongeluk onder die bakkie se wiel beland en ek sien toe daar is gewone polistireen tussen die boks se binne- en buitewand. Dit het my laat besef dit is nie moeilik om jou eie koelboks te bou nie. Ek het my ou weermagstaalkis, sowel as sy deksel, met ’n laag polistireen (ongeveer 3cm dik) uitgevoer. Dit was maklik om die velle volgens grootte te sny en dit met silikon vas te plak.

weermagstaalkis
Hennie Venter het sy ou ou weermagstaalkis gebruik.

Dié boks se binnekant bly lank koel.Ek het eenmaal op Langebaan ’n klomp gevriesde snoek in droë ys verpak en al die pad Welkom toe gery. Toe ek daar kom, was die vis nog kliphard gevries.

Ek vries ook water in tien 1 liter-margarienbakke en dop dan die ysblokke in die koelboks uit net voor ons vertrek. So het ons een Desember vyf dae lank by die Bloemhofdam langs die Vaalrivier gaan kamp – terug by die huis was die vakuumverpakte steak wat ons nie gebraai het nie, steeds yskoud. Die ysblokke het al begin smelt, maar daar was nog groot stukke ys in die koelboks oor. 

Dis goedkoop om só ’n koelboks te maak en anders as winkel-koelbokse kan jy op dié ene sit sonder dat die deksel induik.