
Speel klaar met roesvlekke
Die gasstutte van jou woonwa se opwipdak kan roes – veral nadat ’n mens ’n lang vakansie by die see gehou het. Een van ons lesers, Johann Bosman van Parys, het goeie raad hiervoor.
Ek het al gesien die vier gasstutte van ’n woonwa se opwipdak is geneig om te roes Gewoonlik vlek die roes op die gasstut dan die seil, en ek moes al ’n stel geroeste gasstutte vervang.
Toe ek dus onlangs ’n nuwe seil vir my wa se dak laat aanbring, moes ek ’n plan beraam om sulke vlekke te verhinder.
Ek het besluit om ’n plastieklêerbinder om elke gasstut te sit. Hulle is goedkoop en jy kan hulle in verskillende diktes en kleure koop.
Die binders keer dat die gasstut teen die dakseil druk – en nou hoef ek nie meer bekommerd te wees oor roesvlekke op my seil nie.