Het ’n mens regtig gepolariseerde lense nodig?
Wel, jy hoef nie die ekstra geld daarvoor te betaal nie en soms is die prys tot 30% meer, maar dit bied beslis meer beskerming as gewone lense.
Gepolariseerde lense keer meer UV-lig en beskerm jou oë teen agteruitgang en die ontwikkeling van katarakte. Dit verminder ook druk op jou oë, wat tot hoofpyne kan lei. Die belangrikste is dat dié lense fel lig uitskakel. Dis veral doeltreffend as jy op of naby water is: Jy kan in die dieptes aftuur om rotse te omseil en jy kan ook sien waar die forel hou as jy vlieghengel.