book-icon Uitgawe April 2018
Deel

Nuwe kamera: Sony Alpha A9

akkreditasie

Sony is breëbors oor dié nuwe spankaptein. Die a9 is meer as een stap beter as sy a7-reeks, en kos amper drie keer meer – jy gaan jou kind vir ’n jaar uit universiteit moet hou as jy dié stuk toerusting wil koop.

Die a9 is, soos die a7, ’n spieëllose kamera. Al lyk dit op die oog af soos ’n tradisionele D-SLR, is dit glad nie een nie. Maar tog het dit al die funksionaliteit van Canon of Nikon se topkameras.

Om van ’n tradisionele D-SLR na ’n spieëllose kamera oor te skakel is soos om van vyftienmanrugby na 7’s te skuif. Jy speel nog steeds met ’n rugbybal, maar die spelstyl is anders – tog raak jy dit gou gewoond (en kyk dalk nooit weer terug nie).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan