Die Moremi is gemik op kampeerders met ’n kode B-rybewys, maar ook op paartjies. Jy kry dus ’n dubbelbed-op-wiele mét geriewe soos ’n ys-vrieskas en ingeboude tweeplaatgasstoof.
Jan Venter, eienaar van Custom Canopies and Trailers, wat ook die Lion’s Den-reeks bou, slaan met dié sleepding twee vlieë met een klap: Die Lite-model is ’n klein boswoonwa, terwyl die XLT-model ’n Lite is wat as ’t ware middeldeur gesny is met ’n daktent bo-op.