Deel

Só kyk jy na jou batterye

akkreditasie
Jy koop nie voertuig- en diepsiklusbatterye vir kleingeld nie, en as hulle jou onverwags in die steek laat, kan dit groot moeilikheid veroorsaak. Só pas jy hulle mooi op.

1. Hou hulle skoon

Jy kan aanpaksels op die batterypole met mengsel van water en koeksoda afspoel, of selfs net warm water.

2. Top gereeld op

As jy nie ’n geseëlde battery het nie, gaan die elektrolietvlak gereeld na en vul dit op met gedistilleerde water – die meeste diensstasies hou dit gratis aan. 

3. Hou dit vêr weg van vlamme 

Moet nooit met ’n vlam naby ’n battery kom nie, Soms produseer die battery vlambare gasse en jy kan ’n ontploffing veroorsaak.

4. Herlaai!

Herlaai jou batterye dadelik na ’n ekspedisie en moet hulle nie vir ’n lang tydperk ongelaai laat nie. As jy dit moet stoor, gaan dit ten minste elke drie maande na en herlaai indien nodig.

5. Steek hom in die werk

Batterye hou daarvan om te werk. As hulle ledig staan, laat hulle bietjie werk net om hulle aan die gang te hou. Wees net versigtig om batterye te pap, onder 11,5V, te laat raak want dit kan skade optel.

6. Maak hulle goed vas

Batterye is swaar en moet altyd stewig geïnstalleer wees sodat dit nie rondhop nie.

7. Herwin ou batterye

Batterye kan baie skade aan die omgewing aanrig. Moet nooit ’n battery weggooi nie – herwin dit deur dit in te gee as jy ’n nuwe battery koop. Volgens wet kry jy ’n deposito daarvoor.