Die maatskappy het in 1991 sy deure geopen en aanvanklik sagte koelsakke in hulle klein fabriek in Maitland vervaardig.
Die Camp Cover-reeks soos ons hom vandag ken, het 20 jaar gelede die lig gesien en het dié familie-onderneming in staat gestel om sy groter fabriek van 2 000 m² in Blackheath te bekom. Vandag het hulle nie minder nie as 80 mense in diens. Die fabriek lewer gemiddeld 150-350 sakke per dag, afhangend van die item.
Wanneer iets soos ’n gewone inkopiesak vervaardig word, kan tot 1 200 per dag geproduseer word, maar met ’n meer komplekse item lewer die fabriek 60 produkte per dag.