book-icon Uitgawe Mei 2019
Deel

Vlymskerp! Ons toets 8 messlypers

akkreditasie

Jy ken die frustrasie as jou mond water vir daardie stukkie koedoebiltong, maar die knipmes is só stomp dat dit nie eens ’n duik in ’n deegbol sal maak nie. Ons wil sorg dat dit nie weer gebeur nie, en dít is hoekom ons ’n klompie messlypers gaan soek het wat jou snygoed vlymskerp sal hou.

Om die slypers op die proef te stel het ons ook vier stelle skilmesse by ons naaste Pick n Pay gekoop. (En so het elke lid van ons span ná die saktyd ’n skilmes as vroeë Kersgeskenk ontvang. – Red.) Smaak verskil as dit by messegoed vir die kombuis of die kampplek kom, maar ons reken teen R70 is dit ’n heel nuttige toevoeging tot enige huishouding.

Om elke slyper ’n gelyke kans te gun het ons in totaal net 12 hale vir ’n spesifieke slypelement gebruik – 6 aan elke kant. Dit beteken een van die messe het 60 hale gekry, terwyl die elektriese toestel beperk is tot altesame 12 hale vir sy twee slypskywe (3 aan elke kant per skyf).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan