Deel

20 blyplekke landwyd

akkreditasie
InAbundance-gastehuis
InAbundance-gastehuis
Ons almal is gereed vir daardie l-a-a-ng vakansie! Beplan jou blyplek: Hier’s 20 puik opsies vir ’n verskeidenheid verblyf landwyd - van stil selfsorghuisies in die Karoo tot lodges wat aan die Krugerwildtuin grens.

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

InAbundance-gastehuis, Montagu

InAbundance-gastehuis
InAbundance-gastehuis

By In Abundance sien ons met bedagsaamheid om na gaste se behoeftes – veral in die grendeltyd. Ons gastehuis is ideaal vir sakereisigers, gesinne of paartjies wat privaatheid verkies. Die vyf ruim en suite-dubbelkamers is weelderig, twee van die eenhede is vir selfsorg ingerig en die tuin (met ’n houtdek, braaiarea en swembad) het ’n rivieruitsig.

’n Selfhelp-ontbyt word by die verblyf ingesluit en – indien gaste dit verkies – kan tuisgekookte aandetes gereël word. Spesiale aanbiedinge geld vanaf Julie tot Oktober vir Suid-Afrikaners. Kom stap, ry fiets en geniet die plattelandse gasvryheid van mooie Montagu – skaars twee ure se ry uit Kaapstad.

Kontak: 0823258872, info@inabundance.co.za, www.inabundance.co.za

De Akker-gastehuis, Oudtshoorn: Kom kyk na die Klein-Karoo

De Akker-gastehuis
De Akker-gastehuis

De Akker is 'n moderne, pragtige gastehuis wat met vier sterre gegradeer is deur TGCSA. Ons het sewe skoon, moderne kamers wat individueel ingerig is met alle geriewe en goeie personeel. Kom en ontspan in ons pragtige tuin met sprankelende swembad en geniet die Tuinroete se Klein-Karoo.

Kontak: 064 774 4343; info@deakkeroudtshoorn.co.za

Van der Stel Manor: Bly oor in 'n Kaaps-Hollandse gastehuis

Van der Stel Manor

Gerestoureerde Kaaps-Hollandse gastehuis in 'n eksklusiewe woongebied, binne stapafstand van die dorp Stellenbosch. Ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gholf-entoesiaste. Daar is 11 ruim en goed toegeruste kamers wat stylvol ingerig is met privaat patio.

Pragtige, gevestigde tuin met 'n mooi area om die swembad. Heerlike tuisgemaakte ontbyt in 'n rustige omgewing. Bekostigbare tariewe.

Kontak: 082 784 8737; vanderstelmanor.com

Hide Away-gastehuis, Knysna

Hide Away-gastehuis
Hide Away-gastehuis

Hide Away is 'n bed-en-ontbyt-plek in die hoofstraat van Knysna en bied wonderlike uitsigte oor die riviermonding en die Koppe. Binne maklike stapafstand van die dorp, Waterfront en Thesen Island. Veilige parkering van die straat af, met vinnige internet en gimnasium.

Kontak: 044 382 3317; info@hideaway.co.za; www.hideaway.co.za

Parkes Manor-gastehuis: Uitsigte oor die Knysna-lagune

Parkes Manor-gastehuis
Parkes Manor-gastehuis

Parkes Manor is die statige dame van gastehuise in Knysna met die sjarme en elegansie van vergange tye. Die huis is geleë in 'n groot parkagtige tuin en bied puik gasvryheid in 'n kalm en knus omgewing. Goed geleë vir toegang tot alle geriewe wat die Tuinroete bied.

Kontak: 044 382 0233; stay@parkes_manor.com; parkes_manor.com

Arniston Seaside Cottages: Ontdek een van die wêreld se beste wegkruipplekke!

Arniston Seaside Cottages
Arniston Seaside Cottages

Arniston Seaside Cottages bied selfsorgakkommodasie in die gewilde kusoord van Arniston. Ons is twee uur se ry vanaf Kaapstad en is geleë langs 'n 120 jaar oue vissersdorpie omring van ongerepte strande en natuurreservate.

Ons grasdakhuisies is binne stapafstand van veilige, kindervriendelike strande en die bekende Waenhuiskransgrot. Die huisies word daagliks gediens, sodat jy net kan ontspan. Time Magazine het Arniston as ‘een van die wêreld se beste wegkruipplekke’ bestempel. Moeder Natuur sorg dat jy 'n heerlike wegkomkans geniet.

Kontak: +27 (0)28 445 9772; 082 426 9910; cottages@arniston-online.co.za

arnistonseasidecottages.co.za

Houw Hoek-hotel: In die hart van die Kogelberg-natuurreservaat

Houw Hoek-hotel
Houw Hoek-hotel

Die kindervriendelike hotel is 'n gemaklike rit van 80 kilometer van Kaapstad af en is net af van die N2-hoofweg. Ons wonderlike ligging maak dit die perfekte plek om te ontspan. Die meeste van ons kamers het balkonne met pragtige uitsigte oor die omliggende berge.

Daar is twee verfrissende swembaddens, twee speletjieskamers en allerhande buitelugaktiwiteite, soos minigholf. Geniet vyfsterbehandeling, ouwêreldse sjarme, hartlike gasvryheid en 'n rustige omgewing.

Kontak: 028 284 9646; 074 148 7638; reservations@houwhoekhotel.com; houwhoekhotel.com

Jabula Lodge and Restaurant: Ideaal vir natuurliefhebbers

Jabula Lodge and Restaurant
Jabula Lodge and Restaurant

Jabula Lodge and Restaurant bestaan al 21 jaar en is in Marlothpark, 'n natuurreservaat wat grens aan die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers en is 26 km vanaf die Krokodilbrughek. Ons verwelkom jou graag by ons gesinsvriendelike akkommodasie.

Geniet die heerlike etes by ons restaurant, wat as die beste in Marlothpark gegradeer is deur TripAdvisor en Restaurant Guru.

Kontak: 082 555 2355; 082 306 1369; info@jabulamarloth.co.za; www.jabulamarlothpark.co.za

Jou Addo-ervaring met Kudu Ridge Game Ranch

Kudu Ridge Game Ranch
Kudu Ridge Game Ranch

Kudu Ridge is 'n wildlodge in familiebesit op 'n privaat reservaat 16 km vanaf die hoofhek van die Addo. Ons verblyf bestaan uit agt en suite-safaritente wat vier persone huisves, asook ses en suite-chalets wat elk twee persone huisves. Die kuierarea bestaan uit 'n boma met oop vuurput en daar is ook 'n uitsigdek vir 'n asemrowende uitsig oor die Sondagsriviervallei. Daar is baie wild om te sien. 'n Beperkte aantal 4x4-kampeerders mag nou ook in die bos kampeer.

Kontak: 0824666464; info@kuduridge.co.za; www.kuduridge.co.za

Utopia Ballito: Die roepstem van die oseaan!

Utopia Ballito
Utopia Ballito

Utopia Ballito is 'n vakansieverhuringsmaatskappy met 'n verskil. Ons fokus op elke individuele bespreking met die grootste aandag aan detail.

By Utopia Ballito vind ons vir jou die beste beskikbare verblyf om te pas by jou begroting en behoeftes vir die vakansie waarvan jy nog altyd gedroom het. Ons gaste kom jaar na jaar terug om die sand tussen hulle tone te voel. Moenie uitstel nie, die oseaan roep.

Kontak: 072 057 7946; bookings@utopiaballito.co.zautopiaballito.co.za

Thabaphaswa: A Mountain Sanctuary

Thabaphaswa
Thabaphaswa

Thabaphaswa is 'n vakansieplaas In Limpopo. Kampering, verblyf, oornag, rotsklim, fietsry, stap en draf, voëlkyk. Rolstoel vriendelik.

Kontak: 082 389 6631; thabaphaswa@gmail.comthabaphaswa.co.za

Knock out View & Mooigezicht, Clarens

Knock out View & Mooigezicht
Knock out View & Mooigezicht

Verblyf in die hoofstraat van Clarens en binne stapafstand van die kunsgalerye, restaurante en winkels. Die naam van die instansie, Knock out View, kom van die pragtige uitsig vanaf die dek. Hier kan jy van die werklikheid ontsnap en net ontspan en die rustigheid geniet, weg van alles.

Selfsorgeenhede is ten volle toegerus en daar is 'n kaggel en braaiplek. Die eenhede het 'n buitedek wat oor die berge uitkyk.

Kontak: 0820842863; clarens-knockoutview.co.za

Palm Beach Chalets, KwaZulu-Natal

Palm Beach Chalets
Palm Beach Chalets

Ons verwelkom jou by 'n unieke ervaring by Palm Beach. Dit is nie ver van Port Edward op die Suidkus van KZN nie. Dit is geleë naby aan die Mpenjati-natuurreservaat en ons chalets bied pragtige natuurskoon, 'n ryk voëllewe en die geleentheid om klein diere te sien.

Buiten die hengelgeleenthede is dit ook 'n paradys vir die wat lief is vir die natuur en die buitelewe. 'n Rustige oord met pragtige uitsigte oor die oseaan.  Ons bied selfsorgakkommodasie ver weg van die stadsgewoel. Die kombuisies in die drie chalets het alles wat jy nodig het vir 'n gerieflike vakansie. Buite is daar braaigeriewe en 'n swembad.

Kontak: 0837262611, mandy-a@iafrica.com, www.palmbeachchalets.com

The Ranch Guesthouse, Potchefstroom

The Ranch Guesthouse
The Ranch Guesthouse

The Ranch Guesthouse bied gaste moderne ruim suites met ten volle toegeruste kombuisie, en suite-badkamers met komplimentêre toiletware, DStv, gratis WiFi, onderdakparkering en 24-uur-CTV-monitering.  Alle suites het ekstra groot koninginbeddens, lugverkoeling, 'n komplimentêre gesondheidsontbyt, "snack bar" en koeldranke.

Gaste kan die rustigheid van die tuin geniet of die ten volle toegeruste lapabraai gebruik.  Nabygeleë fasiliteite:  Mooirivier Mall 1,1 km, Potchefstroom-gholfbaan 0,8 km, Parys 42km.

Kontak: 081 380 530; theranchguesthouse@gmail.com

Starry Nights Karoo Cottages: Wees naby aan die natuur

Starry Nights Karoo Cottages
Starry Nights Karoo Cottages

Perfekte akkommodasie tussen Gauteng en die Kaap. Geniet die stilte, nabyheid aan die natuur, sterrekyk, voëlkyk, geen verkeer en outydse rustigheid en vriendelikheid in hierdie selfsorghuisies in die historiese Karoodorp, Philippolis.

Kontak: 0729546109; info@starrynights.co.za; www.starrynights.co.za

The Loerie's View, Wildernis

Loerie's View
Loerie's View

The Loerie's View is 'n gerieflike vakansiehuis in die rustige dorpie Wildernis. Ons huisves tot vier persone en dit sluit 'n sitkamer met eetkamertafel, WiFi, DStv en buitedek met 'n Weberbraai in. Jy kan ook see- en berguitsigte geniet.

Die kombuis is ten volle toegerus met watersuiweraar, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is twee slaapkamers, en die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en beide kamers is en suite.

Kontak: +27(0)83 452 2075; info@loeriesview.co.za; www.loeriesview.co.za

Geniet die berg by Strooi Kooi, Calitzdorp

Strooi Kooi
Strooi Kooi

Strooi Kooi is geleen in Calitzdorp op Roete 62. Daar is twee unieke strooibaal-huisies, perfek geleë op die rand van 'n klein wingerd met uitsigte oor die omliggende plase en die Swartberg. Die kothuise is op 'n eko-vriendelike manier gebou.

Elke kamer het 'n patio en plek waar jy kan sit. Daar is 'n klein kombuisie, gasplaat en gasyskas, tee/koffie en buitebraaigeriewe. Daar is ook 'n buitestort en bad binne.

Kontak: Strooikooi@gmail.com

The Berghouse and Cottages: Verken die Drakensberg

 The Berghouse and Cottages
The Berghouse and Cottages
 The Berghouse and Cottages
The Berghouse and Cottages

Drakensberg-akkommodasie in privaat landelike kothuise, almal met uitsigte oor die Drakensberg. Ons bied selfsorg asook akkommodasie met sekere maaltye. Dit is geleë halfpad tussen Johannesburg en Durban.

Aktiwiteite sluit in sewe verskillende roetes op die perseel, perdry, bergfietsry, kunsvlieghengel, baarshengel en 4x4-roetes. Die Koninklike Nasionale Park is langsaan.

Kontak: berghousecottages@gmail.com

Radisson Blu Gautrain Hotel, Sandton Johannesburg

Radisson Blu Gautrain Hotel
Radisson Blu Gautrain Hotel

The Radisson Blu Gautrain Hotel, Sandton Johannesburg, is verbind met alles wat die stad het om te bied – vanuit 'n besigheids- en kultuurperspektief – deur middel van die hoëspoedtrein by Sandton se Gautreinstasie.

Die hotel is net oorkant die stasie en bied 220 kamers en suites, elk met gratis hoëspoed WiFi, koffie/teestasie en ander moderne geriewe.

Kontak: info.sandton.johannesburg@radissonblu.com, +27 (11) 286 1000, www.radissonhotels.com